|  Tel: 082 450 7497  |  Epos: troufotos@mailnetic.co.za  | Web: www.troufotos.co.za  |

 

Tuisblad  |  Blog & Nuwe Troufoto's  |  Gallery  |  Troufoto's Pakkette  |  Kwotasie  |  Meer oor ons  Kontak Ons  |          

 

Die Amptelike Troufoto's Blog van Jeandré Hartman Fotografie

 

Lees gerus ons Blog en sien ons nuutste Foto's!

 


 

Donderdag 

18 Augustus 2011 - Die nuwe Webblad Logo

 

Ons het 'n nuwe logo na meer as 3 jaar! Die tyd gaan darem regtig vinnig verby!

 

Die webblad se uitleg is ook minimaal verander om die hele ondervinding hier meer van 'n belewenis te maak!

 

Ons gaan ook binnekort 'n interaktiewe "Kies jou pakket" toeps bybring! (Toeps is die Afrikaanse woord vir App of Application vir die van julle wat dit nog nie weet nie!)

 

Ek hoop regtig julle hou daarvan!!!

 

Laat weet my asseblief wat julle hiervan dink! 

 

Mooi bly!

 

Jeandre.

Sel: 082 450 7497 

Epos: troufotos@mailnetic.co.za

- Word my Friend op Facebook!

- Volg my op Twitter!

- Epos ons by MailNetic

 


 

Vrydag 

5 Augustus 2011 - Die aanlyn-vorm is aktief.

 

Julle kan nou hier druk om 'n kwotasie aanlyn aan te vra.

 

Vul al die inligting in en druk op stuur! So maklik soos dit!

 

Mooi bly!

 

Jeandre.

Sel: 082 450 7497 

Epos: troufotos@mailnetic.co.za

- Word my Friend op Facebook!

- Volg my op Twitter!

- Epos ons by MailNetic

 


 

Vrydag

29 Julie 2011 - Wees net lekker rustig

 

Julle sal sien dat ons besig is om ons lysie op te dateer van al die venues waamee ons bekend is en troues daar afgemeem het.  Julle kan dit sien in die regterkantste blok heel onder.

 

Jy moet 'n rustige  naweek geniet en ek hoop jou span wen!

 

Maandag kyk ons weer foto's!!!

 

Mooi bly!

 

Jeandre.

Sel: 082 450 7497 

Epos: troufotos@mailnetic.co.za

- Word my Friend op Facebook!

- Volg my op Twitter!

- Epos ons by MailNetic

 


 

27 Julie 2011- Bevestig jou Huweliksstatus Aanlyn.

 

Met al hierdie korrupsie in die land is dit dalk 'n goeie idee om uit te vind of jy werklik getroud is of nie...

 

Is jy wettiglik getroud of dink en hoop jy maar jy is? Is jou sake in orde? Moenie uitstel nie. Kyk vandag nog!

Druk hier of op die ringe hierbo om na Binnelandse Sake se webblad te gaan waar jy jou huweliksstatus met jou ID Nr. aanlyn kan bevestig! Ek hoop niemand word onaangenaam verras nie...

 

Vertel vir ons op Facebook wat jy uitgevind het!  

http://www.facebook.com/jeandrehartman 

 

Jeandre.

Sel: 082 450 7497 

Epos: troufotos@mailnetic.co.za

- Word my Friend op Facebook!

- Volg my op Twitter!

- Epos ons by MailNetic

 


 

Dinsdag

26 Julie 2011- Francois en Riana - Gecko Ridge (Deel 2)

 

Hier is nog troufoto's van Francois en Riana se troue.  

Hulle trouvenue was Gecko Ridge.

Francois & Riana het op die Storieboek Ontwerpers Trou Album Pakket besluit! 

Druk hier om die verskillende Trou Albums te sien.  Kyk na die Trou Albums >>>

 

 

 

 

 

 

 

En nadat die troue oor en verby was toe lyk die Trou Album so!

 

30cm x 40cm 25 Bladye/50 Kante Storieboek Ontwerpers Album

 

 

Jeandre.

Sel: 082 450 7497 

Epos: troufotos@mailnetic.co.za

- Word my Friend op Facebook!

- Volg my op Twitter!

- Epos ons by MailNetic

 


 

Maandag 

25 Julie 2011- Francois en Riana - Gecko Ridge (Deel 1)

 

Hier is die troufoto's waar Riana besig was met haar Pre-Bridal op die dag van haar troue voordat hulle na die trouvenue vertrek het.

 

 

 

 

 

 

 

Sien julle ook daai monsterkar waar Riana staan!  Dit is haar pa se GTR!

Ek is natuulik bitter jaloers!!! En die oom het nog gesê hy gaan my vir 'n spin vat!!! Ek dink ek moet hom aan sy aanbod herinner!!! Hoe sal 'n man nou so kans laat verbygaan???

 

Hoor jy Riana!!! Remind jou dad!!! :-)))

 

Jeandre.

Sel: 082 450 7497 

Epos: troufotos@mailnetic.co.za

- Word my Friend op Facebook!

- Volg my op Twitter!

- Epos ons by MailNetic

 


 

Vrydag

22 Julie 2011- Artistiek...

 

Hier is vir julle nog 3 om na te kyk! 

 

Ek hoop julle het 'n wonderlike naweek!  Ons praat weer Maandag...

 

 

 

 

Groete,

 

Jeandre.

Sel: 082 450 7497 

Epos: troufotos@mailnetic.co.za

- Word my Friend op Facebook!

- Volg my op Twitter!

- Epos ons by MailNetic

 


 

Donderdag

21 Julie 2011- Foto's van Werner & Monique se V-Sessie.

 

Ons het baie pret gehad met hulle V-Sessie!  Kyk gerus na die foto's!

      

 

Ons neem Werner & Monique se troue af op 17 September 2011 by Gecko Ridge.

 

Mooi bly!

 

Jeandre.

Sel: 082 450 7497 

Epos: troufotos@mailnetic.co.za

- Word my Friend op Facebook!

- Volg my op Twitter!

- Epos ons by MailNetic

 


 

Woensdag

20 Julie 2011- Die verskil tussen Pro- en Amateurfotograwe....

 

Ons was so 'n jaar of 3 gelede op die Sani Pass en ek het my monster kameras by my gehad die dag!  Een van die toeriste was van mening dat enige goeie foto-entoesias dieselfde gehalte of beter foto's kan neem as 'n professionele fotograaf.  Ek is nie van nature iemand wat sulke uitdagings aanvaar nie, maar die dag was ek in 'n kompeterende bui! 

 

Aan die einde van die dag het ons besigheidskaartjies uitgeruil en hy het sy foto's vir my per epos aangestuur toe hy weer terug in sy eie land was. Nietemin, was ek angsbevange oor wat hy vir my gestuur het en selfs dat hy trots kon wees daarop... Laat julle self besluit.

 

Die eindresultate verskil... wel, redelik baie!

 

Die eerste uitdaging was om berge af te neem by die Sani Pass.

 

Hieronder is die eerste een! Die Berge tot in die verre suide...

En nee, ek is nie die fotograaf op hierdie een nie!

 

 

 

Hier is die eerste een wat ek toe neem! Die Berge is duidelik sigbaar tot in die verre suide MET detail wat andersins verlore geraak het in sy  foto hierbo.

 

 

 

Nou gaan ons kyk na 'n bouval!

 

Aanvaarbare komposisie en ons het omrent van dieselfde punt af ons foto's geneem, maar dit is waar die ooreenkoms stop. Geen Kleure met veelvuldige ontwikkeling nie. Hierdie foto kon baie anders gewees het! Hy het baie blou en groen gemis!   Kyk na sy foto hieronder en rol dan verder af na myne...

 

 

 

En met bietjie moeite tel ek die addisionele kleure op en ek kry 'n heel ander effek!  Ek het die groen en blou met my blote oog gesien en die ander fotograaf het dit gemis... Kyk ook na my detail in die Grondpad teenoor syne.

 

 

 

En dan was daar ook die wandelaar wat met sy pakkie hout geloop het,  Hy praat nou wel glad nie en jy moet betaal voordat jy hom mag afneem! Wel ons het ons R5e geswaai en toe staan hy soos 'n stok sodat ons maar neem en mal gaan.

 

 

Hieronder is die entoesias se foto van die wandelaar.

Ons het weereens vanaf byna dieselfde punt geneem. 

Hy het 'n halflyf komposisie gebruik terwyl ek vollyf geneem het.

 

 

 

En hier is my foto van die wandelaar! 

Ewe skielik spring die detail uit!

 

 

Dieselfde geld vir Bruide... As jy 'n amateur bespreek vir jou troue dan gaan jou foto's tien teen een ook so vaal, sonder kleur en leweloos wees...

 

Ek kry weekliks oproepe van mense wat vra of ek hulle fotos sal regmaak! En dan werk die kostes dieselfde uit as wat dit sou wees indien hulle my in die eerste plek bespreek het... Goedkoop koop is duur koop! Die prys moet nooit die bepalende faktor wees vir die keuse van jou troufotograaf nie.

 

Ek is anders, want dit is my werk. Dit is al wat ek doen... Die ander entoesiaste het werke en hulle gebruik spesifiek troues om los speelgeldjies te verdien en gee nie eintlik om oor hulle bruidspare nie.... Ons, aan die anderkant, gee om vir julle en vir wat ons doen!  

 

Wat ook vir my skrikwekkend is, is dat mense maar tevrede is met dit... Ek sal nie met myself kan saamleef nie! Foto's soos daardie is skokkend! En dit gebeur reeds elke naweek dat daar iewers 'n entoesias is wat besig is om 'n arme bruidspaar se mooiste dag se herinneringe te verwoes...

 

Beperk eerder kostes op jou troukoek, jou gastelys of waar ookal jy kan, maar moet nooit kostes probeer bespaar op jou troufotograaf nie! Dit is regtig al wat jy oorhet en om na die tyd bereid te wees om te betaal is te laat...

 

Lees enige bruidstydskrif van enige land in enige taal - hulle sê dieselfde!  Moenie afskeep met jou troufotograwe nie! 

 

Dink daaroor!

 

Geniet jou dag!

 

Jeandre.

Sel: 082 450 7497 

Epos: troufotos@mailnetic.co.za

- Word my Friend op Facebook!

- Volg my op Twitter!

- Epos ons by MailNetic

 


 

Dinsdag

19 Julie 2011- Kuns, Drama en 'n Artistiese Effek!

 

Ek wou al baie lankal hierdie tipe foto's neem en so verwerk!

 

Dit is vir my ongelooflik mooi en dramaties!

 

Laat weet my wat dink julle daarvan!

 

 

 

 

 

Jeandre.

Sel: 082 450 7497 

Epos: troufotos@mailnetic.co.za

- Word my Friend op Facebook!

- Volg my op Twitter!

- Epos ons by MailNetic

 


 

18 Julie 2011- Baie welkom by www.troufotos.co.za

 

Na baie jare se gewag het ek uiteindelik www.troufotos.co.za bekom en ek is absoluut in die wolke oor die beste webadres waaroor enige Afrikaanse troufotograaf kan droom!

 

Dit is alom bekend dat ons een van die baie min Afrikaanse Webtuistes is wat handel oor Troufoto's!

 

Ons kliënte is 98% Afrikaans en daarom is hierdie webblad in Afrikaans en sal altyd wees!

 

Hierdie webblad kort nog so bietjie skuur en skaaf en dit gaan net beter en beter en mooier en mooier  word!

 

Ek het ook nog duisende foto's om vir julle te wys en ek wens ek kan sommer alles op een slag oplaai, maar ek gaan julle vriendelik forseer om elke dag terug te kom om nuwe troufoto's te kom kyk!

 

Ek gaan van my gunsteling ou foto's byvoeg wat al byna vergete is en sommer vir julle die stories daarvan ook vertel!

 

Ons gaan skakels byvoeg sodat julle die verskille tussen ons albums kan sien sodat die pakkette makliker verstaan kan word.

 

Wat ookal ons nou doen sal julle die eerstes wees wat weet en dit dan ook sien! Opwindende tye!

 

Hieronder is solank 'n terg foto!  Ek gaan julle nog als vertel van wat hier gebeur het! Dit was absoluut een van die mooiste fotosessies wat ek nog ooit gedoen het, maar ek vertel julle later...

 

Voor jy jou oë uitvee is ons weer terug met nuwe foto's wat julle asems gaan wegslaan!!!

 

Bly in kontak met my - word my friend op Facebook en volg my op twitter!

 

Word my vriend op Facebook www.facebook.com/jeandrehartman

 

Volg my op Twitter www.twitter.com/jeandrehartman 

 

Geniet julle week en kom loer gereeld in!

 

Mooi Bly

 

Jeandre.

Sel: 082 450 7497 

Epos: troufotos@mailnetic.co.za

- Word my Friend op Facebook!

- Volg my op Twitter!

- Epos ons by MailNetic

 

 


 

Lees meer oor ons Pakkette en Pryse >>>

 

           

 

Lees meer oor ons Pakkette en Pryse >>>

 

            

 

Lees meer oor ons Pakkette en Pryse >>>

 

 

Troufoto Pakkette:

 

Druk hier vir ons Troufoto Pakkette.

 


 

Verskillende Trou Albums:

 

Druk hier vir die Trou Albums.

 


 

V-Sessie

 

Druk hier vir inligting oor die V-Sessie.

 


 

Kontakbesonderhede:

 

 

Jeandré Hartman

Sel: 082 450 7497

Tel: 012 653 6740

Epos: troufotos@mailnetic.co.za

 

Druk hier om 'n kwotasie aan te vra

op ons aanlyn-vorm.

 


 

Venues waarmee ons bekend is:

 

Avianto

Buitengeluk

Casa Mia

Cassablanca Manor

Chez Charlene

ChrisAnna

Diamant Vallei

Diamond Hill

Die Werf

Diep in die berg

Dome Inn

Eagles Eye

Edelweiss

En-Gedi  

EG Kerk Kweekskool

Everwood

Fatherland Estate

Galagos

Gecko Ridge

Green Leaves

Indaba Hotel

Irene Country Lodge

Isiphiwo  

Kareeboom Gastehuis

Kleinkaap

L’Aquila

La Mathil

Leopard Lodge

Lievland  

Lombardi

Mellow Oaks

Memoire

Misty Hills

Oakfield Farm

Pebble Rock

Pheasant Hill

Pinedew

River Place

Rose View Hill

Rosemary Hill

Rovos Rail

Safari

SBH Estate

Shelanti

Sheraton Hotel

St. George’s Hotel

Stonehenge in Africa

Sun Valley

The Moon And Sixpence

The Owl’s Nest

The Owls Nest

Three Oaks

Toadbury Hall

Tres Jolie

Tsekama

Tuscan BBQ

Usambara

Valverde

Voortrekker Monument

 


Kopiereg © Jeandré Hartman Fotografie & www.troufotos.co.za Alle regte voorbehou.


 

Google
www www.troufotos.co.za

www.troufotos.co.za  |  www.troufotos.net  |  www.troufotos24.co.za  |  www.jeandre.co.za  |  www.avantgardephotography.co.za  |

 

hit counter